Woord vir Vandag - 16 Julie 2025

Loading player...
“Jesus se dissipels het onthou dat daar geskryf staan: ‘Die ywer vir u huis brand in my binneste.’” Johannes 2:17 NLV
Moenie jou passie vir God verloor nie
Probeer om die vuur in Jesus se oë en die bulting van sy spiere terwyl Hy die tafels van die geldwisselaars in die tempel omgooi, voor te stel. Hy doen dit terwyl Hy ‘n sweep swaai wat Hy self gemaak het. ‘Jesus se dissipels het onthou dat daar geskryf staan: ‘Die ywer vir u huis brand in my binneste.’’ Jesus was die wysste en barmhartigste mens wat ooit gelewe het. Hy was ook die passievolste. Diegene wat Hom volg, behoort ook die passievolste mense op die aarde te wees. Die woord entoesiasme kom van twee Griekse woorde af: en en theos, wat ‘in God’ beteken. Hoe meer jy ‘in God’ word, hoe groter passie ontwikkel jy vir God se dinge. ‘Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee’ (Psalm 37:4 NLV). Ja, jy is veronderstel om jou vleeslike begeertes daagliks te kruisig. God neem egter nie jou kapasiteit vir begeerte weg nie; Hy heilig en herlei dit. Wanneer jy jouself in die Here verbly, verander jou begeertes. C.S. Lewis het gesê: ‘Ons is halfhartige wesens wat eerder met drank en seks en ambisie omgaan, as die oneindige vreugde wat aan ons gebied word.’ ‘n Pastoor voeg by: ‘Sonde is ‘n vermorsing van energie, en dit is ook ‘n dubbele vermorsing. Nadat jy jou energie op dinge soos wellus en trots en woede gemors het, moet jy nog meer energie op dinge soos skuld en skaamte en spyt mors. Niks vermors meer energie as sonde nie, maar op dieselfde manier verskaf gehoorsaamheid meer energie as enigiets anders. Dit is pure energie.’
15 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min