Woord vir Vandag - 15 Julie 2025

Loading player...
“As julle bitter jaloers is… moenie dan spog dat julle wysheid het nie. Dis om teen die waarheid in te lieg!” Jakobus 3:14 NLV
Vry van jaloesie
Die Bybel sê: ‘…As iets jou in sy mag het, is jy mos sy slaaf’ (2 Petrus 2:19 NLV). Dis veral waar van jaloesie. Chuck Swindoll skryf: ‘Jaloesie en afguns word dikwels as dieselfde beskou, maar daar is ‘n verskil: Afguns ontstaan uit leë hande; dit rou oor dit wat jy nie het nie. Jaloesie ontstaan uit vol hande; dit word deur die pyn aangesproor om dit wat jy het aan iemand anders af te staan, ten spyte van jou pogings om dit te behou. Kaïn was jaloers op Abel. Hy was wrokkig as gevolg van God se aanvaarding van sy broer; en eers toe Abel se bloed oor Kaïn se wrede hande uitgegiet is, het sy jaloesie bedaar. Enigiemand wat bevryding van hierdie helse reus ervaar het, weet goed hoe jaloesie ‘n vriendskap kan vernietig, ‘n romanse kan ontbind, ‘n huwelik kan vernietig, spanning deur die geledere van professionele persone kan saai, eenheid in ‘n span tot niet kan maak, ‘n kerk kan verwoes, mededinging onder die koor kan bevorder en bitterheid en vingerwysers onder talentvolle instrumentaliste kan bring. Jaloesie bevraagteken beweegredes en betreur ‘n ander se sukses.’ Die Bybel sê: ‘As julle bitter jaloers is… moenie dan spog dat julle wysheid het nie. Dis om teen die waarheid in te lieg!’ Besluit eerder dat jy deur die genade van God uit jaloesie se beheer gaan losbreek. Swindoll voeg by: ‘Ek het baie jare gelewe deur jaloesie se bevele te gehoorsaam. Dit was aaklig. Uiteindelik het ek besef dat ek nie in duisternis hoef te lewe nie. Ek het die reus doodgemaak. Die sonlig van vryheid het my hart verbly. Die lug was so vars en skoon. O, die verskil wat dit gemaak het! Dis volslae genot.’
14 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min