Woord vir Vandag - 14 Julie 2025

Loading player...
“…Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagting te bly vashou.” Romeine 15:4 NLV
Jy moet ‘n Bybelse perspektief hê
Daar is ‘n oulike verhaal van ‘n meisie wat haar ouerhuis verlaat het om universiteit toe te gaan. Aan die einde van haar eerste semester, het sy vir haar ma die volgende e-pos gestuur: ‘Ek dink dit is tyd dat ek Ma op datum bring oor wat in my lewe aangaan. Kort nadat ek by die universiteit aangekom het, het ek met die koshuislewe verveeld geraak en vyfhonderd rand uit my kamermaat se beursie gesteel. Met die geld het ek ‘n motorfiets gehuur, maar naby die koshuis daarmee teen ‘n telefoonpaal vasgery. Ek het my been in die ongeluk gebreek en kan nie klasse bywoon nie, so ek kom huis toe om by Ma en Pa te kom bly.’ Nadat sy die e-pos gestuur het, het sy dadelik ‘n tweede een gestuur: ‘Ma, ek maak net ‘n grappie. Ek het nie enige geld gesteel, of ‘n motorfiets gehuur, of daarmee teen ‘n telefoonpaal vasgery, of my been gebreek nie. Ek kom ook nie huis toe om by julle te bly nie. Ek het egter ‘n D in wiskunde en ‘n F in letterkunde gekry en ek wou hê julle moet my punte in die regte perspektief beskou!’ Op ‘n ernstiger noot, kan ‘n Bybelse perspektief op die lewe se uitdagings jou uit wanhoop en moedeloosheid lig. Paulus skryf: ‘…Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagting te bly vashou.’ Vir elke probleem waarvoor jy in die lewe te staan kom, het God se Woord ‘n beginsel om uit te oefen en ‘n belofte om op te eis. Die manier om dus moedeloosheid te oorkom, is om in God se Woord te delf en dit ter harte te neem.
13 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min