Woord vir Vandag - 13 Julie 2025

Loading player...
“…So is die geloof wat nie dade word nie, ook dood.” Jakobus 2:26 NLV
Geloof is nie geloof totdat dit uitgeleef word nie
Kan dit wees dat die negatiewe persepsie wat mense van die kerk het, uit die negatiewe energie wat ons uitstraal spruit? Kan dit ook wees dat ons negatiewe energie uit ons negatiewe siening van geregtigheid spruit? Ons beskou geregtigheid verkeerdelik as om niks verkeerd te doen nie. Die probleem met so ‘n benadering is dat jy niks verkeerd kan doen nie en steeds nie die regte ding doen nie; die ding wat God jou roep om te doen. Dink jy regtig dat dit God se groot droom vir ons is dat ons niks verkeerd doen nie? Jy hou daarvan as jou kinders ‘n moeilike besluit maak om iets nie te doen wat hulle weet verkeerd is nie. Dit bring egter groter vreugde mee as jy sien hoe hulle hul talente ontwikkel en hulle potensiaal begin uitleef. Dis wat God vir elkeen van ons wil hê. Die Bybel leer ons van twee soorte sondes: die sonde van bedryf, wat is om iets te doen wat jy nie moes doen nie en die sonde van versuim, wat al die dinge is wat ons kon en moes gedoen het om God se koninkryk te bevorder, maar nie gedoen het nie. ‘n Pastoor skryf: ‘In God se ekonomie is om gelyk te breek, ‘n totale verlies. Is dit nie die les van die gelykenis van die talente nie? Die slaaf met een talent het gelyk gebreek, maar Jesus het hom ‘n slegte slaaf en ‘n lamsak genoem (sien Matteus 25:26). Geregtigheid is om al jou God-gegewe gawes te gebruik om jou God-gegewe potensiaal ten volle te bereik. Liefde speel nie veilig nie; dit neem risiko’s. Liefde maak nie verskonings nie; dit neem verantwoordelikheid. Liefde sien nie probleme nie; dit gryp geleenthede aan om op te staan en in te tree.’
12 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min