Woord vir Vandag - 12 Julie 2025

Loading player...
“Daar is ‘n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd” Prediker 3:1 NLV
Ken die seisoen waarin jy is
Jou lewensdoel word aan ‘n spesifieke tyd en seisoen gekoppel. Sommige van God se doelwitte kan binne ‘n kort tydjie bereik word, terwyl ander ‘n leeftyd neem. Jy sal nie in staat wees om altyd dit te doen wat jy vandag doen nie, of ten minste nie in dieselfde mate as wat jy dit tans doen nie. Die Bybel leer ons: ‘…soos jou dae, so sal jou krag wees’ (Deuteronomium 33:25 KAB23). Dis hoekom sommige van die wêreld se beste sportspelers die oorgang na afrigting maak. Drie belangrike waarnemings: 1) Jy moet verstaan in watter seisoen jy tans is en die meeste daaruit put. 2) Wanneer een seisoen eindig, moet jy met grasie na die volgende seisoen beweeg. 3) Jy moet leer om die seisoen waarin jy jou tans bevind, te geniet. Hier is ‘n interessante verskynsel: Elia het sy mantel van krag aan Elisa oorgedra, maar nêrens lees ons dat Elisa dit aan iemand anders oorgedra het nie. Toe Paulus egter sy mantel aan Timoteus oorgedra het, het dit nie daar geëindig nie. Paulus het vir hom gesê: ‘Jy het my baie dinge hoor leer wat bevestig is deur baie betroubare getuies. Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee’ (2 Timoteus 2:2 NLV). In plaas daarvan om te treur dat sy tyd besig is om uit te loop, het Paulus hom in die wete dat God hom gehelp het om sy opdrag te vervul, verheug. ‘Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly. En nou wag die prys vir my: die lourierkrans van geregtigheid…’ (2 Timoteus 4:7-8 NLV). God gee jou genade vir die seisoen waarin jy is. Let dus op en weet wanneer om aan te beweeg!
11 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min