Woord vir Vandag - 11 Julie 2025

Loading player...
“As ‘n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer ver.” Matteus 5:41 NLV
Loop die ekstra myl
Verbeel jouself die volgende: Jy is in ‘n restaurant met iemand wie se rekening R100 is en jy sien hoe hulle die fooitjie uitwerk. Hulle het R20 oor en weet dat ‘n 10 persent fooitjie as die absolute minimum gesien word. Hulle mors vyf minute om kleingeld vir daardie R20 te kry sodat hulle presies R10 as fooitjie kan los, eerder as om bietjie ekstra te gee. Wat sou gebeur het as hulle die volle R20 as fooitjie gelos het? Hulle mag dalk die kelner of kelnerin se dag gemaak het. R10 mag dalk nie soos baie klink nie, maar die boodskap wat daarmee gepaardgaan kan die wêreld vir iemand beteken, veral as hulle ‘n slegte dag het. Dit sê: ‘Dankie, jy het ‘n goeie werk gedoen, ek waardeer jou, jy is kosbaar.’ Miskien gaan die boodskap verlore – jou kelner raap net die fooitjie op sonder om dit te tel – maar God seën jou in elk geval omdat jy dit gedoen het. ‘…Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimhartig saai, sal volop oes’ (2 Korintiërs 9:6 NLV). Dink daaroor: Jy kan iemand anders gelukkig maak en jouself seën. Dit is net een klein voorbeeld van die verskeie maniere waarin die klein dingetjies wat ons doen, verrassend groot nagevolge kan hê. Klein dade van goedhartigheid gee die toon van jou dag aan. Om die ekstra myl te gaan – of dit nou ‘n ekstra fooitjie of ‘n onverwagte kompliment of geskenkie is – kos baie min en gee jou baie terug. Hier is nog ‘n belangrike gedagte: Ons kan geloof hê wat berge versit, al die diep leerstellings van die Bybel verstaan en verduidelik en uitblink in persoonlike heiligheid, maar God se Woord sê dat ons niks, sonder liefde, is nie (sien 1 Korintiërs 13:2).
10 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min