Woord vir Vandag - 10 Julie 2025

Loading player...
“Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.” Filippense 2:4 NLV
Moenie afwysend wees nie
As jy jouself in ‘n leierskapposisie bevind, moet jy bewus wees hoe jy op die gevoelens, gedagtes en opinies van diegene rondom jou, reageer. Jy moet sensitief wees daarvoor, want dit wat jy as leier sê sal dieper aanklank vind as dit wat ander mense sê. Selfs wanneer iemand ‘n idee voorstel wat jy voel geen verdienste het nie, moet jy ​​die versoeking om dit dadelik van die hand te wys, weerstaan. ‘n Eenvoudige: ‘Dankie vir jou insette,’ eerder as ‘n: ‘Nee, dit sal nie werk nie,’ is nodig. Wanneer jy afwysend teenoor iemand is, stuur dit die volgende boodskap: ‘Ek ignoreer jou en jou idee. Jou gevoelens en sienings maak nie saak nie. Jou belange is vir my onbelangrik.’ Sulke stellings, gesproke of ongesproke, benadeel ‘n persoon se gevoel van waarde en behoefte aan respek. Dit is veral van toepassing as die persoon glo dat hulle spesiale agting verdien. Die ou gesegde is waar: ‘Mense gee nie om hoeveel jy weet nie, totdat hulle weet hoeveel jy omgee.’ Wanneer jy ander afwysend behandel, sal hulle ‘n manier vind om hul irritasie ten toon te stel, wat jou soms duur te staan kan kom as jy jou visie wil bereik. Jy kan dit voorkom deur meer bewus te raak van hoe jy teenoor ander mense optree. Die enigste oplossing vir hierdie probleem is om buite jouself te tree, aandagtig na ander te luister en te poog om hul bekommernisse te verstaan en met respek te hanteer. As jy dit doen, sal jy groot voordele daaruit put. ‘Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.’
9 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min