Woord vir Vandag - 9 Julie 2025

Loading player...
“…Wie My aanhou volg… sal die lig hê wat lewe gee.” Johannes 8:12 NLV
Reageer wanneer die lig groen word
In sy boek, Deep Thoughts, skryf Jack Handey: ‘Soos die lig van rooi na groen na geel en toe weer terug na rooi verander het, het ek daar gesit en oor die lewe nagedink. Was dit dan niks meer as ‘n klomp toeterende motors en geskreeu nie? Soms het dit so gevoel.’ Baie van ons wag vir die groen lig wat alreeds vir ons gegee is. Jesus het gesê ‘…Wie My aanhou volg… sal die lig hê wat lewe gee.’ Wanneer kry mens dan insig, duidelikheid en rigting? Wanneer jy die eerste tree in geloof neem. Ons beveel nie ‘n gedagtelose of gebedelose benadering tot besluitneming aan nie. Jy moet seker wees dat God jou roep. Jy kan egter so bang wees om die verkeerde ding te doen dat jy nooit die regte ding doen nie. Dit is wys om te dink en weer te dink, maar nie om te oordink nie. Oormatige ontleding lei tot geestelike verlamming. ‘n Pastoor verduidelik: ‘As jy probeer om die wil van God logies uit te redeneer, sal jy nooit ’n geloofstap neem nie, omdat die wil van God nie logies is nie - dit is teologies.’ Die woord ‘theos’ beteken ‘God’, en dus dui ‘teologies’ daarop dat God in die vergelyking ingebring word. Die pastoor gaan voort: ‘Die aansporing van die Heilige Gees sal nie altyd vir jou logiese linkerbrein sin maak nie. Trouens, God-geïnspireerde idees lyk dikwels soos slegte idees. Juis dan moet jy toelaat dat die Heilige Gees jou intellek oorheers.’ Die dissipels wat Jesus geroep het, het twee dinge gedoen. Hulle het wonderwerke verrig en hulle het foute gemaak. As hulle onwillig was om ‘n fout te maak, sou hulle nooit die vreugde daarvan om wonderwerke te verrig, ervaar het nie. Gaan dus wanneer die lig groen word.
8 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min