Woord vir Vandag - 8 Julie 2025

Loading player...
“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV
Probeer. Probeer harder. Probeer langer.
Een van die grootste voorvereistes vir sukses is deursettingsvermoë. Dit gaan nie net oor hoe hard jy probeer nie; dit gaan oor hoe lank jy probeer. Ons is geneig om die hoeveelheid wat ons op die korttermyn kan bereik, te oorskat. Volgens ‘n Amerikaanse pastoor en skrywer onderskat ons egter: ‘…hoeveel ons oor die langtermyn kan bereik. Hoekom? Omdat energie eksponensieel is. Hoe harder jy werk en hoe langer jy werk, hoe meer vrugte werp dit af. In ‘n studie is aan Japannese en Amerikaanse kinders ‘n moeilike legkaart gegee om op te los, terwyl navorsers gemeet het hoe lank hulle sou probeer voordat hulle sou tou opgooi. Gemiddeld het die Amerikaanse kinders 9.47 minute lank probeer. Die Japannese kinders het 13.93 minute probeer. Dit is ‘n verskil van 47 persent. Wil jy probeer raai watter kinders beter op gestandaardiseerde wiskundetoetse presteer het? Sukses is ‘n neweproduk van harder en langer probeer. Daar is geen plaasvervanger daarvoor nie. Daar is geen kortpaaie nie. Dit maak nie saak of dit atletiek, akademie, musiek of wiskunde [of die bediening] is nie. Studies het getoon dat dit ongeveer tien jaar of tienduisend uur neem om uitnemendheid in enigiets te bereik. Jy moet hard en lank daaraan werk. Soos Malcolm Gladwell dit stel: ‘Tienduisend uur is die towergetal vir uitnemendheid.’ Is daar enige God-geïnspireerde idees waaroor jy opgegee het? Enige God-gegewe passies waarvoor jy opgehou veg het? Enige God-gegewe groot drome wat weens ongehoorsaamheid stof vergader? Moenie tou opgooi nie. Jy moet probeer. Dan moet jy harder probeer. En dan moet jy langer probeer.’
7 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min