Woord vir Vandag - 7 Julie 2025

Loading player...
“Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle die eenheid wat die Gees bewerk het, bewaar.” Efesiërs 4:3 NLV
Hoekom kan ons nie saamwerk nie? (4)
‘n Vrou het vir haar vriendin gesê: ‘My man en ek het ‘n baie gelukkige huwelik. Daar is niks wat ek nie vir hom sal doen nie en daar is niks wat hy nie vir my sal doen nie. Dis hoe ons deur die lewe gaan – deur niks vir mekaar te doen nie!’ Ons glimlag, maar dis nie so snaaks wanneer dit die waarheid is nie. So ‘n gesindheid baan die pad na rampspoed in die huwelik, besigheid, kerk, persoonlike verhoudings en oral anders. Dikwels sluit mense tot hul eie voordeel by ‘n span aan – hulle wil ondersteunende spelers hê sodat hulle al die applous kan kry. Op die ou einde maak so ‘n gesindheid egter nie net hulself seer nie, dit maak ook die mense wat saam met hulle werk seer en verhinder die resultate wat hul andersins kon behaal het. President Woodrow Wilson het gesê: ‘Jy is nie net hier om ‘n bestaan ​​te maak nie. Jy is hier om die wêreld in staat te stel om ruimer, met groter visie, met ‘n fyner gees van hoop en prestasie, te leef. Jy is hier om die wêreld te verryk en om jouself te verarm wanneer jy vergeet om dit te doen.’ Is dit maklik om saam met ander te werk en altyd oor die weg te kom? Soms ja, soms nee. Dis hoekom Paulus skryf: ‘Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle die eenheid wat die Gees bewerk het, bewaar.’ Jy moet daaraan werk. Wanneer iemand kritiseer, wis dit met ‘n kompliment uit. As iemand kla, vind iets om voor dankbaar te wees. Wanneer iemand selfgesentreerd voorkom, herinner hulle daaraan dat die kollektiewe doel waarna julle streef, groter as enige individu is.
6 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min