Woord vir Vandag - 6 Julie 2025

Loading player...
“Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eengesind saamwoon!” Psalm 133:1 NLV
Hoekom kan ons nie saamwerk nie? (3)
Rede drie: temperament. Sommige mense is nie van nature ‘n ekstrovert nie. Wanneer hulle uitdagings in die gesig staar, kom dit nooit by hulle op om ander mense se hulp in te roep om hul doel te bereik nie. Wanneer jy alleen optree, sal jy ‘n sekere mate van sukses behaal, maar wanneer jy met die regte mense saamwerk, sal jy dinge bereik wat jy nooit gedroom het moontlik is nie. Wanneer jy alles alleen doen en nooit met ander saamwerk nie, sit jy groot struikelblokke in die pad van jou eie potensiaal. Dr Allan Fromme het geskerts: ‘Dit het al gebeur dat mense meer bereik wanneer hulle saamwerk, eerder as om mekaar teen te werk!’ Soos Chuck Swindoll sê: ‘Niemand is ‘n hele span nie; ons het mekaar nodig. Jy het iemand nodig en iemand het jou nodig. Ons is nie eilande op ons eie nie. Om die lewe te laat werk, moet ons leun en ondersteun. Vereenselwig en reageer. Gee en neem. Bely en vergewe. Uitreik en ander mense omhels en vertrou. Aangesien nie een van ons ‘n hele, onafhanklike, selfversorgende, super-bekwame, almagtige individu is nie, laat ons ophou om op te tree asof ons is. Die lewe is reeds eensaam genoeg. Die spel is verby. Kom ons skakel by mekaar in.’ As jy graag iets groots wil bereik, moet jy na ander toe uitreik. Een is ‘n te klein getal om groot suksesse te bereik. Die Bybel sê: ‘Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eengesind saamwoon!.. daar gee die Here sy seën…’ (verse 1,3 NLV). Wanneer ons saamwerk, seën God ons pogings. Sonder God se seën is daar geen ware en blywende sukses nie.
5 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min