Woord vir Vandag - 5 Julie 2025

Loading player...
“Doen wat u dink goed is… Ek is hart en siel saam met u!” 1 Samuel 14:7 NLV
Hoekom kan ons nie saamwerk nie? (2)
Rede twee: naïwiteit. ‘n Ou Chinese spreekwoord lui: ‘Agter elke bekwame man is daar altyd ander bekwame manne.’ Selfs as jy die werk self kan doen, is dit wys om te stop en te vra: ‘Wie ken ek wat my kan help om dit beter te doen?’ Hierdie vraag definieer die verskil tussen middelmatigheid en uitnemendheid. Die besigheidskonsultant, John Ghegan, het ‘n bordjie op sy lessenaar gehad wat gelees het: ‘As ek dit alles weer oor kon doen, sou ek hulp gekry het.’ Ons almal het so ‘n bordjie nodig! Wanneer jy ‘n paar oorwinnings behaal het, loop jy die verhoogde risiko om te dink dat jy enigiets en alles self kan doen. Wanneer jou droom egter van God afkomstig is, sal dit altyd groter as jou individuele kapasiteit en gawes wees, wat beteken dat jy na ander mense sal moet uitreik. Twee manne, Jonatan en sy wapendraer, het ‘n hele Filistynse leër uitgewis. Hoe het hulle dit gedoen? ‘’Kom ons gaan oor na hierdie heidene toe,’ sê Jonatan vir sy wapendraer. ‘Dalk help die Here ons. Hy kan tog deur baie of deur min die oorwinning gee!’ ‘Doen wat u dink goed is,’ sê die wapendraer. ‘Ek is hart en siel saam met u!’ (verse 6-7 NLV). Jonatan, die leier, het die aanmoediging en ondersteuning van sy wapendraer nodig gehad. Sy wapendraer het weer die moed en leierskap van Jonatan nodig gehad. Saam het hulle wonderlike dinge vir God bereik. Die waarheid is dat spanwerk altyd die kern van indrukwekkende oorwinnings is. Die vraag is nie of spanne waarde het nie; dit is of jy nederig genoeg is om daardie feit te erken en ‘n beter spanspeler te word.
4 Jul 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min