Woord vir Vandag - 30 Junie 2025

Loading player...
“Doen alles sonder kla of teëpraat.” Filippense 2:14 NLV
Moenie mor nie (2)
Paulus skryf: ‘Doen alles sonder kla of teëpraat. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ‘n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre’ (verse 14-15 NLV). Wat was die houding waarop Paulus gefokus het? Om te mor en te kla. Wat was die oplossing? Hy het dit met die gelowiges in Tessalonisense gedeel: ‘Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle as Christene verwag’ (1 Tessalonisense 5:18 NLV). In plaas daarvan om na dinge te soek om oor te kla, soek na dinge om oor dankbaar te wees, want dit is oral om jou. As murmurering so maklik soos asemhaal vir jou is, is hier ‘n paar areas waaraan jy moet aandag gee: 1) Moenie meer aanpak as wat jy kan hanteer nie. Sê slegs vir versoeke vir persoonlike gunste ja wanneer jy wil of voel dat jy deur God gelei word. Dit sal keer dat jy oorwerk en gegrief word teenoor die verantwoordelikhede wat ander op jou lê. 2) Beperk jou tyd rondom negatiewe mense. ‘Moenie toelaat dat mense wat sulke dinge sê, julle vir die gek hou nie, want ‘slegte geselskap bederf goeie gewoontes’’ (1 Korintiërs 15:33 NLV). Fokus op ander mense se behoeftes. ‘Doen julle werk entoesiasties, asof julle dit vir die Here doen en nie vir mense nie. Julle weet mos dat die Here elke mens wat sy werk goed doen, sal beloon…’ (Efesiërs 6:7-8 NLV). Wat jy vir ander mense laat gebeur, sal God vir jou laat gebeur. Benewens hierdie drie strategieë om norsheid te oorkom, bid die volgende: ‘Vader, verlos my van norsheid. Openbaar die oorsaak daarvan en gee my die moed om dit uit my lewe te verwyder. In Jesus se naam. Amen.’
29 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min