Woord vir Vandag - 29 Junie 2025

Loading player...
‘En moenie mor… nie…” 1 Korintiërs 10:10 NLV
Moenie mor nie (1)
As jy dink dat God murmurering nie ernstig opneem nie, lees die volgende: ‘En moenie mor soos sommige van hulle nie, want dit is die rede waarom God die doodsengel gestuur het om hulle dood te maak. Al hierdie dinge het met hulle gebeur as ‘n voorbeeld vir ons, en is neergeskryf om ons te waarsku…’ (verse 10-11 NLV). ‘n Gemor en gekla verhinder nie net dat jou gebede beantwoord word nie, maar dit beïnvloed ook jou gesondheid en diegene rondom jou se geluk. Dus: 1) Bid voor jy met jou dag begin. Ontvang God se hulp heel eerste. Moenie wag tot jy met probleme oorweldig word nie. Vra Hom om jou met sy vrede en vreugde te deurdring en jou in staat te stel om die hele dag op sy manier te reageer. ‘…die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees!’ (Nehemia 8:10 NLV) 2) Kry ‘n goeie nagrus. Baie metaboliese en ander herstellende prosesse vind tydens die verskillende stadiums van slaap plaas. As jy nie genoeg slaap kry om jou stelsel te hernu nie, sal jy waarskynlik deur die kleinste dingetjies geïrriteerd voel. Dawid het gesê: ‘Ek het gaan lê en slaap en weer wakker geword, want die Here het oor my waggehou’ (Psalm 3:6 NLV). 3) Praat met jou dokter. Wanneer die mense en situasies rondom jou gedurig vir jou soos ‘’n pyn in die nek’ voel, kan dit as gevolg van ‘n letterlike pyn in jou nek of ‘n ander deel van jou liggaam veroorsaak word. Chemiese wanbalanse kan kliniese depressie veroorsaak, maar die regte mediese hulp kan jou perspektief herstel. Let ook op jou dieet. Te veel kafeïen en suiker sal jou bui nadelig beïnvloed en ‘n styging in jou insulienvlakke veroorsaak. Die fisiese beïnvloed die verstandelike, emosionele en geestelike!
28 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min