Woord vir Vandag - 28 Junie 2025

Loading player...
“Gee aandag aan wat jy hoor…” Lukas 8:18 NLV
Bly oop en toeganklik
Dit lyk asof sommige mense deur die lewe met ‘n ‘gesluit’ teken op hul voorkoppe gaan. Hulle is as gevolg van vrees, selfsug, gevoelloosheid of omdat hulle besig is, nie oop vir die gedagtes van ander nie. Dit kan jou duur te staan kom. Neem ‘n oomblik en oordink hierdie Skrifgedeeltes: ‘Wie goedbedoelde raad ignoreer, doen skade aan homself. Iemand wat hom laat reghelp, ontwikkel sy insig’ (Spreuke 15:32 NLV). ‘Ek het nagedink oor iets wat ek gesien het. Ek het iets daaruit geleer’ (Spreuke 24:32 NLV). ‘Gee jou raad vir ‘n wyse mens, en hy sal groter wysheid kry. Onderrig ‘n regverdige, en sy kennis sal vermeerder’ (Spreuke 9:9 NLV). Mense wat ontvanklik en toeganklik is, vertoon oor die algemeen drie eienskappe: 1) Hulle is sensitief vir mense se gevoelens. Alhoewel hulle self emosioneel bestendig is, beteken dit nie dat hulle van ander verwag om altyd so te wees nie. Hulle besef dat goeie mense soms slegte dae het, daarom pas hulle hul benadering volgens ander se gevoelens aan. 2) Hulle verstaan ander mense se swakhede omdat hulle bewus van hul eie is. Edgar Howe het gesê: ‘Lewer af en toe ‘n gemene opinie oor jouself. Dit sal jou vriende wys dat jy weet hoe om die waarheid te vertel.’ Oop en ontvanklike mense is eerlik oor hul vermoëns - en oor hulle tekortkominge. 3) Hulle het die vermoë om ander te vergewe en om vergifnis te vra. Dit verg nederigheid. David Augsburger het geskryf: ‘Aangesien niks wat ons beoog ooit foutloos is nie, niks wat ons ooit probeer sonder fout is nie en niks wat ons bereik sonder ‘n mate van feilbaarheid, wat ons menslikheid noem, is nie; word ons deur vergifnis gered.’ Die woord vir jou vandag is dus: Bly oop en toeganklik.
27 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min