Woord vir Vandag - 27 Junie 2025

Loading player...
“Wanneer ek moed verloor, dan ken U my pad…” Psalm 142:4 NLV
Hulp vir versorgers
Jy gaan dalk eendag na ‘n siek of verouderende geliefde moet omsien. Om hulle behoorlik te versorg, moet jy leer om vir jouself te sorg. Na haar ouers se dood vyf weke uitmekaar in ‘n ouetehuis twaalfhonderd myl weg, is Beth Witrogen McLeod met kliniese depressie gediagnoseer. ‘Deur my fisiese en geestelike gesondheid te ignoreer, het ek myself vir ‘n ineenstorting wat twee jaar sou neem om van te herstel, oopgestel. Ten spyte van die belonings, kan versorging oorweldigend wees. Dawid het gesê: ‘Wanneer ek moed verloor, dan ken U my pad…’ As jy dus ‘n versorger is, volg hierdie riglyne: 1) Stel grense. Leer om nee te sê wanneer jy gewoonlik ja sou sê. Daar is niks selfsugtig daaraan om na jouself om te sien, sodat jy die beste moontlik sorg aan iemand anders kan gee nie. 2) Pasop vir skadelike hanteringspatrone. Misbruik van medikasie, ooreet, drink om te ontspan. Jy is menslik en dit kan gebeur! 3) Moenie jouself isoleer nie. Nooi vriende oor wat aangebied het om te help. Een kan kos maak en na jou geliefde omsien, terwyl jy en die ander vriend ‘n bietjie gaan stap. 4) Vra vir hulp. As familielede nie hulle deel doen nie, reël ‘n vergadering en delegeer die verantwoordelikhede. Moenie ander die seën ontsê wat daaruit voortspruit om die swakkes te ondersteun nie (sien 1 Tessalonisense 5:14). 5) Beskerm jou tyd. Dit is maklik om elke minuut te skeduleer totdat daar niks vir jouself oor is nie. Moenie dit doen nie. Vind iets wat jou voed: lees, bid, oefen of alleentyd. Maak egter seker dat jy dit ook skeduleer, anders sal dit nie gebeur nie!
26 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min