Woord vir Vandag - 26 Junie 2025

Loading player...
“Doen jou bes om in vrede met almal te lewe…” Hebreërs 12:14 NLV
Los konflik vinnig op (2)
Om konflik op te los, moet jy die volgende doen: 1) Fokus op die persoon se gedrag en bly weg van opmerkings oor hul karakter. Deur te sê: ‘Dit was onaanvaarbaar van jou om my pos oop te maak,’ is beter as om te sê: ‘Ek kan nie glo jy was so nuuskierig nie!’ 2) Probeer om die ander persoon se gedrag te verstaan, eerder as om jou eie gedrag te probeer regverdig. Dit sal aktiewe luister vereis. Aktiewe luister bevestig die ander persoon se gevoelens en verskaf hulle die motivering om na jou te luister. ‘Die oppermagtige Here het my geleer sodat ek dié wat moeg is moed kan inpraat. Elke môre maak Hy my wakker en leer my luister soos dit ‘n leerling betaam’ (Jesaja 50:4 NLV). 3) Los een probleem op ‘n slag op. Moenie die gesprek tussen julle met onverwante sake vertroebel nie. Bespreek dit later. 4) Kom oor toekomstige gedrag ooreen, ingeval die situasie weer voorkom. Konflik is stresvol en dit is tot jou voordeel om dit te beperk. Jy kan nie konfliksituasies heeltemal uit die weg ruim nie, want almal is uniek, met verskillende agtergronde, maniere van kommunikasie en begeertes. Jy kan egter die probleme in die gesig staar, dit oplos en as gevolg daarvan meer volwasse word. ‘Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eengesind saamwoon! Dit is soos kosbare olie op die kop wat afloop op die baard, op die baard van Aäron, tot op die soom van sy kleed. Dit is soos die dou van Hermonberg wat val op die berge van Sion. Want daar gee die Here sy seën: ‘n baie lang lewe’ (Psalm 133:1-3 NLV). As jy vrede wil hê en in God se seën wil wandel, moet jy aan versoening werk.
25 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min