Woord vir Vandag - 25 Junie 2025

Loading player...
“As een van jou medegelowiges iets verkeerds teen jou gedoen het, gaan wys hom daarop. Maar hou dit tussen julle twee…” Matteus 18:15 NLV
Los konflik vinnig op (1)
Min dinge in die lewe veroorsaak soveel stres soos onopgeloste konflik. Dit sal jou bloeddruk opstoot en jou gedagtes verteer totdat jy dit oplos. As jy dus wys is, sal jy dit onmiddellik hanteer. Nie almal voel dieselfde nie. Al het Jesus ons beveel om dit te hanteer, weerhou baie Christene hulle ter wille van vrede daarvan om enigiets te sê. Onopgeloste konflik sal jou gemoedsrus, jou produktiwiteit en jou houding teenoor ander beïnvloed, dus moet dit hanteer word. Daarbenewens, wanneer jy weier om ‘n probleem in die gesig te staar, sal dit heel waarskynlik weer voorkom. Volgens ‘n interpersoonlike kommunikasiekundinge, moet mens hierdie drie dinge doen: ‘1) Vra God om vir jou sy woorde te gee om te sê, sodat sy doel bereik sal word. ‘Net so is dit met die woord wat uit my mond kom… dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het’ (Jesaja 55:11 NLV). 2) Maak jou emosies voor God leeg voordat jy die oortreder nader. Emosies is geneig om in die pad van feite te staan en kan objektiewe denke belemmer. Sodra jy besluit het dat jy alles gaan inspan om die kwessie op ‘n harmonieuse manier op te los, is dit nie so moeilik soos dit mag klink nie. ‘Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense’ (Romeine 12:18 NLV). 3) Wees duidelik oor hoe jy die probleem sien. Vermy vae argumente wat ruimte vir waninterpretasie laat. Byvoorbeeld: ‘Jy moet beter doen,’ verduidelik nie regtig wat die probleem is nie.’ As jou doel is om die verhouding te herstel, sal God saam met jou werk.
24 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min