Woord vir Vandag - 24 Junie 2025

Loading player...
“Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het afgebuig en my geroep gehoor” Psalm 40:2 NLV
Die wagstrategie
Wanneer jy voor ‘n probleem te staan kom wat te groot vir jou voel of jou laat voel asof jy verdrink en nie weet wat om te doen of waarheen om te gaan nie, gebruik die wagstrategie. Dis die strategie wat Dawid gebruik het. Dit het vir hom gewerk: ‘Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het afgebuig en my geroep gehoor, en my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ‘n rots laat staan en my op vaste grond laat loop. Hy het my ‘n nuwe lied gegee, ‘n lofsang om ons God te prys… Geseënd is die mens wat op die Here vertrou… U het my in staat gestel om te luister…’ (verse 2-5, 7 NLV). Dis moeilik om te wag as mens angstig is. Om geduldig te wag, is nog moeiliker. Stop egter en dink op wie jy wag: die Here. Hy is die Here oor elke situasie, insluited joune. Miskien sal die volgende illustrasie jou help. Arthur McKinsey skryf: ‘Dink aan ‘n probleem asof dit ‘n middeleeuse ommuurde stad is. Baie mense sal dit direk probeer aanval. Hulle sal die hekke bestorm en probeer om die mure met pure intellektuele krag en briljantheid af te breek. Ek slaan egter buite die stad kamp op. Ek wag. Ek dink. Tot eendag – miskien nadat ek al met ‘n heeltemal ander probleem begin worstel het – word die valbrug laat sak en die inwoners sê: ‘Ons gee op.’ Die antwoord tot die probleem kom alles op een slag.’ Om op God te wag werk op hierdie manier. Terwyl jy wag, is Hy namens jou aan die werk.
23 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min