Woord vir Vandag - 23 Junie 2025

Loading player...
“Dit het Ek vir julle gesê sodat julle my blydskap mag ervaar en julle blydskap volkome kan wees.” Johannes 15:11 NLV
Moenie uitbrand nie (2)
Om te voorkom dat jy uitbrand, moet jy die volgende doen: 1) Sluit by ‘n ondersteuningsgroep aan. Vra jouself af wie die rol van ‘n Paulus teenoor jou as ‘n Timoteus vervul? Wie leer jou om te bid soos Jesus en Johannes die Doper hulle dissipels geleer het? Met wie kan jy jou stryd deel? Die Bybel sê: ‘Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar’ (Spreuke 27:17 NLV). Bedieningmaats verstaan jou fisiese, emosionele en geestelike behoeftes en kan nuwe, verfrissende geestelike praktyke voorstel. (2) Gebruik twee letters van die alfabet – NEE - sonder om verskoning daarvoor te maak. Ken jou gawes en jou beperkings. Staar jou vrese in die gesig; moenie hulle vermy deur hulle te begrawe en voor te gee dat hulle nie bestaan nie. Bowenal moet jy probeer om te verhoed dat jy in ‘n toestand van hulpeloosheid verval. Neem tyd om voordelige hanteringstrategieë te ontwikkel. Moenie gewone gebeure as katastrofes sien nie. Moenie by ‘n standpunt hou net omdat jy dit nog altyd gehad het nie. 3) Besef dat dit nie verkeerd is om pret te hê nie. Jou liggaam sal jou nie toelaat om te lag en terselfdertyd ‘n maagsweer te ontwikkel nie - en dis ‘n goeie ding! Jesus het gesê: ‘Dit het Ek vir julle gesê sodat julle my blydskap mag ervaar en julle blydskap volkome kan wees.’ Hy het ook gesê: ‘…As julle nie… soos die kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van God ingaan nie’ (Mattteus 18:3 NLV). Kinders probeer nie die wêreld eiehandig bestuur of raak obsessief oor die werk wat ophoop nie; hulle leef in die oomblik. Die enigste voordeel om met stres te leef, is dat jy Jesus dalk vroeër kan ontmoet - maar as jy meer tyd gehad het, was jou beloning dalk selfs groter!
22 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min