Woord vir Vandag - 22 Junie 2025

Loading player...
“Hoe dankbaar is ek teenoor Christus Jesus ons Here, wat my betroubaar geag en my aangestel het om Hom te dien.” 1 Timoteus 1:12 NLV
Moenie uitbrand nie (1)
Het jy geweet dat mense in beroepe wat ander mense help ‘n hoër koers van dwelmmisbruik, alkoholisme en selfdood as ander beroepe ervaar? ‘n Groot bydraende faktor daartoe is die feit dat hulle net die probleme en negatiewe kant van mense se lewens hoor en sien. Om dus effektief te bly, moet jy leer om die volgende te doen: (1) Kweek nuwe dissiplines. Maak die deur toe, laat jou telefoonoproepe na stempos gaan en ontspan. Moet bowenal nie verbaas wees wanneer probleme opduik nie. Jesus het gesê ons sal swaarkry beleef (sien Johannes 16:33). Die skrywer M. Scott Peck sê wanneer jy verwag dat die lewe moeilik gaan wees, blyk dit gewoonlik minder moeilik te wees. (2) Neem gereeld tyd af. Doen iets anders op jou afdae. Jou Skepper het nooit bedoel dat jy meer ure moet insit as wat Hy het nie! Spurgeon het gesê: ‘Rus is so nodig vir die gees soos slaap vir die liggaam. As ons nie rus nie, breek ons af.’ Jesus het gesê: ‘…Kom julle nou self eenkant toe na ‘n stil plek en skep ‘n bietjie asem’ (Markus 6:31 NLV). 3) Oefen en kry genoeg slaap. Stap, swem en haal diep asem. Dis goed vir jou! Dr Arch Hart sê: ‘Adrenale opwekking verminder ons behoefte aan slaap, maar dit is ‘n lokval en ons betaal uiteindelik die boete. Die meeste volwassenes benodig 8-9 uur se slaap per nag.’ 4) Leer om te ontspan. Om te ontspan is die teenoorgestelde van die veg-of-vlug reaksie. Die Bybel sê: ‘…’n getroue boodskapper is gesondheid’ (Spreuke 13:17 KAB23). So min as twintig minute ‘n dag kan die skadelike effek van ‘…ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre…’ (Romeine 8:38 NLV), teëwerk.
21 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min