Woord vir Vandag - 21 Junie 2025

Loading player...
“maar ook om ons ontwil aan wie dit [geregtigheid] toegereken sal word, ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het” Romeine 4:24 AFR53
Verstaan die woord ‘toegereken’
Stel ‘n oordrag van fondse van een rekening na ‘n ander voor. Banke doen dit elke dag. Stel jou nou voor dat jy bankrot is en nie in staat is om jou skuld te betaal nie. Dan, in ‘n verstommende daad van genade, betaal iemand jou skuld af en betaal soveel geld in jou rekening oor dat jy vir die res van jou lewe nooit weer hoef te werk of bekommerd te wees nie. Dis wat by die kruis gebeur het toe God al jou sondes, van die wieg af tot by die graf, aan Jesus toegereken het en al sy geregtigheid aan jou toegereken het. Dis verstommend, nie waar nie? Sal jy sê: ‘Nee dankie, ek glo daarin om op my eie manier te betaal’? Sou jy sê: ‘Ek kan U nie toelaat om alles te doen terwyl ek niks doen nie, so ek sal vir die res van my lewe werk om te bewys dat ek U liefde en genade waardig is’? Die geregtigheid wat nodig is om in die hemel te kom, gaan nie daaroor om op die regte manier op te tree nie, maar om op die regte manier te glo. Jy sê: ‘Maar ek voel so skuldig wanneer ek sondig.’ Jy is veronderstel om so te voel! Jou nuwe natuur reageer op sonde net soos jou liggaam op voedselvergiftiging reageer. Jou grense is oortree en jou wedergebore gees sê dat jy dit nie meer kan doen nie; dit is nie wie jy is nie! Waarom het God die verlossingsplan so gereël? Want enige geregtigheid wat ons kan bereik, skiet ver aan sy standaarde tekort. Jou belonings in die hemel is op jou optrede gebaseer, maar om in die hemel te kom is alleenlik op vertroue in Christus gebaseer.
20 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min