Woord vir Vandag - 18 Junie 2025

Loading player...
“…Wat van hom, Here?” Johannes 21:21 NLV
Moenie na Christene kyk nie, kyk na Christus
Een dag het Petrus na Johannes gekyk en vir Jesus gevra: ‘…’Wat van hom, Here?’ Jesus reageer daarop: ‘…wat het dit met jou te doen? Volg jy net vir My!’’ (vers 21-22 NLV). Wanneer mense jou teleurstel, moet jy onthou dat jy ook al mense teleurgestel het. Wanneer mense vir jou slegte raad gee, moet jy onthou dat jy ook al vir mense slegte raad gegee het. Daar is net een persoon wat jou nooit sal teleurstel nie en jou altyd in die regte rigting sal lei. Jesus. ‘…Wie My aanhou volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hê wat lewe gee’ (Johannes 8:12 NLV). Jesus verlig elke tree wat jy gee. Christus se eie dissipels sou jou teleurgestel het. Petrus was rasbevooroordeeld. Jakobus en Johannes wou vuur uit die hemel op diegene in ‘n dorpie wat vir Jesus en sy dissipels oornagverblyf geweier het, afroep. Tomas het die waarheid van die opstanding betwyfel en gesê: ‘…As ek nie die merk van die spykers in sy hande sien… nie, sal ek nooit glo nie’ (Johannes 20:25 NLV). Ja, mense sal jou teleurstel. Jesus sal egter nooit. Dis hoekom die Bybel sê: ‘...kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kan kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun’ (Hebreërs 12:1-2 NLV). Die enigste mense wat jou in die steek kan laat, is die mense op wie jy steun. Die woord vir jou vandag is dus - steun minder op mense en meer op Jesus.
17 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min