Woord vir Vandag - 17 Junie 2025

Loading player...
“Gebruik… as swaard, die Gees, dit is God se woord.” Efesiërs 6:17 NLV
Pastoor, hou jou swaard skerp
Paulus het sy geestelike seun en opvolger, Timoteus, gewaarsku: ‘Jy moet ook dít weet, Timoteus, dat daar gedurende die laaste dae moeilike tye sal kom. Want mense sal net hulleself en hulle geld liefhê. Hulle sal grootpraterig en arrogant wees, met God spot, ongehoorsaam wees aan hulle ouers en ondankbaar. Hulle sal niks as heilig beskou nie. Hulle sal liefdeloos en en onvergewensgesind wees; hulle sal ander mense belaster en geen selfbeheersing hê nie; hulle sal wreed wees en geen belangstelling hê in wat goed is nie. Hulle sal vriende verraai, roekeloos wees, hooghartig, en hulle sal plesier liewer hê as vir God. Hulle sal optree asof hulle godsdienstig is, maar dit wat aan die Christelike godsdiens sy innerlike krag gee, ignoreer. Jy moet wegbly van sulke mense af’ (2 Timoteus 3:1-5 NLV). Soos jy hierdie lys lees, besef jy dat Paulus netsowel die samelewing waarin ons vandag leef, kon beskryf. Wat is dan die antwoord? Mans en vrouens van God wat weet hoe om die swaard van sy Woord vaardig te gebruik. As jy een van hulle is, kan jy vir seker weet dat Satan jou geteiken het. Hy wil die skerp kant van jou swaard afstomp, sodat jou boodskap oneffektief is. Dis ‘n ou truuk wat die Filistyne, Israel se aartsvyande, gebruik het om hulle in ballingskap te hou. Hulle het van al die smede in die land ontslae geraak (sien 1 Samuel 13:19). Gevolglik het die Israeliete geen manier gehad om hul swaarde te slyp, hulself te verdedig en die juk van onderdrukking af te gooi nie. Pastoor, as geestelike smid, is dit jou roeping om hulle op te skerp. Leef dus op jou knieë en leef in God se Woord. Die uur is laat en die nood is groot. Pastoor, God vertrou op jou om jou swaard skerp te hou.
16 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min