Woord vir Vandag - 16 Junie 2025

Loading player...
“waar die duiwel hom vir 40 dae lank versoek het…” Lukas 4:2 NLV
Wees bly – dag een-en-veertig is op pad!
Die getal veertig in die Skrif verwys na toetsing, beproewing en versoeking. God het vir Noag gesê: ‘Oor sewe dae sal Ek dit vir 40 dae en 40 nagte aanmekaar laat reën sodat alles wat Ek geskep het, uitgewis word’ (Genesis 7:4 NLV). Goliat het Israel se leër veertig dae lank uitgedaag: ’40 dae lank, elke oggend en aand, het die Filistyn uitgekom en sy uitdaging aan die Israeliete gerig’ (1 Sameul 17:16 NLV). Jesus is op die drumpel van sy bediening vir veertig dae lank deur Satan aangeval: ‘Jesus… is deur die Gees na die woestyn toe gelei, waar die duiwel hom vir 40 dae lank versoek het…’ (Lukas 4:1-2 NLV). Dag een-en-veertig was egter op pad! Na veertig dae van reën, het God vir die mensdom ‘n nuwe begin gegee. Na veertig dae van Goliat se dreigemente, het God vir Dawid ‘n skouspelagtige oorwinning gegee. Na veertig dae van versoeking, ‘…het Jesus, gevul met die krag van die Heilige Gees, na Galilea teruggegaan. Hy het deur die hele omgewing bekend geword’ (Lukas 4:14 NLV). Moenie aan vrees en wanhoop toegee nie. Moenie tou opgooi nie en moenie weghardloop nie. God het jou oorwinning bepaal. Jy het dalk ‘n paar houe en letsels gekry, maar God sal jou daardeur bring en jou sterker en wyser maak, as jy Hom vertrou en op sy Woord staan. Die Bybel sê: ‘…die Gees wat in julle woon, [is] magtiger as die gees wat in die wêreld woon’ (1 Johannes 4:4 NLV). Die krag wat in jou aan die werk is, is magtiger as die omstandighede waarin jy jou bevind en die vyande wat jou teenstaan. Die woord vir jou vandag is dus – wees bly, want dag een-en-veertig is op pad!
15 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min