Woord vir Vandag - 15 Junie 2025

Loading player...
“Pa’s, julle moenie julle kinders kwaad maak nie. Julle moet hulle reg grootmaak… soos die Here wil hê.” Efesiërs 6:4 ABA
Vaders, laat voetspore vir julle kinders na
Daar is ‘n verhaal van ‘n man in ‘n kruidenierswinkel wat ‘n trollie met ‘n skreeuende baba gestoot het. Hy het saggies herhaal: ‘Bly kalm, George. Alles gaan oukei wees, George.’ ‘n Dame wat met bewondering toegekyk het, het vir die man gesê: ‘Jy moet vir jou geduld om klein George te probeer stilmaak, geloof word.’ Die man het geantwoord: ‘Dame, jy het dit verkeerd; ek is George!’ As jy 'n ouer is, kan jy hiermee identifiseer. In plaas daarvan om te lees: ‘Pa’s, julle moenie julle kinders kwaad maak nie,’ voel dit soms of die Skrif moet lees: ‘Kinders, moenie julle pa’s se siele versondig nie.’ Dit doen egter nie. Ouers is geroep om ‘n voorbeeld van God se liefde te wees en kinders leer die beste deur waarneming. Inkopies by die kruidenierswinkel is ‘n geleentheid om jou kinders die regte manier van optrede, te wys. Daar is geen groter rolmodel vir kinders as ‘n ouer nie. Daar was ook nog nooit ‘n groter behoefte aan godvrugtige ouers as vandag nie. Kolossense 3:21 sê: ‘Ouers, moenie aanhou foutvind met julle kinders nie sodat hulle nie moedeloos word nie’ (NLV). Dit beteken dat jy ‘n model van geduld en liefde vir jou kinders moet wees. Ouers word deur God in plek gestel om ‘n instrument te wees wat die leerstellings van die Bybel in ‘n lewende getuie vir hul kinders kan omskep. In ‘n tyd wanneer ons ‘n hoë prys weens die gebrek aan regte vaders in die huis betaal, herinner die Skrif ons: ‘…Vaders moet hulle kinders van u getrouheid vertel’ (Jesaja 38:19 NLV). Pa, wy jouself daaraan toe om die Here te volg en voetspore vir jou kinders waarin hulle kan loop, na te laat.
14 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min