Woord vir Vandag - 14 Junie 2025

Loading player...
“…Julle sal produktief wees in elke goeie werk en God al hoe beter persoonlik leer ken.” Kolossense 1:10 NLV
Wees gewillig om te verander (4)
Om te verander, moet jy jouself aan die proses toewy. Of dit nou in jou loopbaan, jou huwelik, jou bediening of jou wandel met God is, sodra jy jouself aan groei en ontwikkeling en ‘n leefstyl van beplande verbetering toewy, word dit jou nuwe normaal. Jy besef wanneer jy nie vordering maak nie. Iets skort! Daar word beweer dat die Pools-Amerikaanse klassieke pianis Arthur Rubinstein geweier het om na opnames van sy spel te luister. Selfs net ‘n paar maande na die optrede was hy ontevrede met wat hy gehoor het. Hoekom? Omdat hy verander en verbeter het - maar sy opnames het dit nie weerspieël nie. Stop en dink oor die ononderhandelbare dinge in jou lewe. Waarvoor is jy bereid om te lewe en te sterf? Skryf neer waaraan jy ten alle koste wil vashou,en verduidelik volledig hoekom. Nadat jy dit gedoen het, moet alles anders vir verandering oop wees. Paulus het as volg vir die Christene in die kerk in Kolosse gebid: ‘…Ons vra God dat Hy geestelike wysheid en insig aan julle sal gee sodat julle heeltemal seker sal wees van wat Hy wil hê. Dan sal julle leefstyl tot eer van die Here wees en Hy sal daarmee tevrede wees. Julle sal produktief wees in elke goeie werk en God al hoe beter persoonlik leer ken. Deur die krag van sy Goddelike heerlikheid sal Hy julle toerus met al die krag wat julle nodig het om in alle omstandighede geduldig te volhard. Met blydskap moet julle altyd die Vader dank. Hy het julle geskik gemaak om in die erfenis van God se mense te deel, die erfenis wat wag vir mense wat volgens sy wil lewe’ (verse 9-12 NLV).
13 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min