Woord vir Vandag - 13 Junie 2025

Loading player...
“Deursoek my, o God, en ken my hart…” Psalm 139:23 NLV
Wees gewillig om te verander (3)
Verandering moet eers binne-in jou plaasvindr, voor dit rondom jou kan plaasvind. In ‘n ou Peanuts strokiesprent, sê Lucy vir Charlie Brown dat sy graag die wêreld sal wil verander. Charlie vra haar: ‘Waar sal jy begin?’ Lucy antwoord op haar tipiese manier: ‘Ek sal by jou begin.’ Dink daaroor: Wanneer ons huweliksprobleme het, bid ons soms: ‘Here, help my eggenoot om te verander!’ Miskien sal dinge egter verbeter wanneer jy gewillig is om te bid: ‘Here, help my om te verander!’ Die Bybel sê: ‘…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie… Inteendeel, jou antwoord moet ‘n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën’ (1 Petrus 3:8-9 NLV). Wanneer ons nie van iets hou nie, wil ons hê dat almal – behalwe ons – moet verander! Die waarheid is dat ons weerstandig teen verandering is. Die skrywer Frances Hodgson Burnett stel dit as volg in haar boek, The Secret Garden: ‘Mense weier eers om te glo dat ‘n vreemde nuwe ding gedoen kan word, dan begin hulle hoop dat dit gedoen kan word, dan sien hulle dit kan gedoen word. Dan is dit gedoen en die hele wêreld wonder hoekom dit nie eeue gelede gedoen is nie.’ Om jou wêreld te verander, moet jy eers jouself verander. Die Psalmdigter het gebid: ‘Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my onrustige gemoed. Kyk of daar enige gebrek by my is, en lei my op die ewige pad’ (Psalm 139:23-24 NLV). Soos jy ten goede begin verander, sal ander mense dit opmerk en dienooreenkomstig begin reageer. Maak die volgende dus vandag jou gebed: ‘Here, laat die verandering wat ek begeer in my begin!’
12 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min