Woord vir Vandag - 12 Junie 2025

Loading player...
“Ja, om Christus Jesus, my Here, persoonlik te ken is só wonderlik dat ek alle ander dinge as ‘n verlies beskou…” Filippense 3:8 NLV
Wees gewillig om te verander (2)
Jy moet gewillig wees om die prys vir verandering te betaal. Die dramaturg en draaiboekskrywer Sidney Howard het opgemerk: ‘Die helfte van om te weet wat jy wil hê, is om te weet wat jy moet prysgee voordat jy dit kan kry.’ Verandering het altyd ‘n prys, nie noodwendig altyd in geld nie, maar ook in tyd, kreatiwiteit en energie. As dit nie iets kos nie, is die kanse goed dat dit nie ware verandering is nie! Soos jy oorweeg om die verandering wat in jou lewe nodig is om te verbeter en te groei te maak, is dit belangrik om ook die koste van verandering met die koste van om dieselfde te bly, te vergelyk. Dit beteken dat jy jou huiswerk moet doen. Verandering bring groei mee. Dit kan egter ook hartseer meebring, veral wanneer jy sommige dinge moet laat gaan om sodoende ander te kan omhels. Wat gaan die veranderinge wat jy begeer werklik kos? Paulus het geskryf: ‘Ja, om Christus Jesus, my Here, persoonlik te ken is só wonderlik dat ek alle ander dinge as ‘n verlies beskou. Ter wille van Hom het ek alles as verlies afgeskryf. Ek beskou dit as gemors sodat ek Christus as wins kan verkry en een met Hom kan wees… Op hierdie manier kan ek Christus persoonlik ken en die krag beleef wat Hom laat opstaan het. Deur saam met Hom te ly kry ek deel aan sy dood in die hoop dat ek die opstanding uit die dood kan beleef! Nie dat ek alles al bereik het, of al klaar volmaak is nie. Maar ek hou aan jaag om dit myne te maak omdat Christus Jesus my Sýne gemaak het!’ (verse 8-12 NLV). Die vraag is: Hoe graag wil jy verander – en is jy gewillig om die prys te betaal?
11 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min