Woord vir Vandag - 11 Junie 2025

Loading player...
“Gee jou volle aandag aan hierdie sake. Werp jouself in jou werksaamhede sodat almal jou vordering kan sien.” 1 Timoteus 4:15 NLV
Wees gewillig om te verander (1)
Jy moet besef dat sonder verandering, daar geen vooruitgang kan wees nie. Verandering moet egter nie sonder rede plaasvind nie. Dit kan ‘n kenmerk van rusteloosheid en ‘n simptoom van innerlike konflik wees. Verandering kan groot geleenthede sowel as potensiële verliese verteenwoordig. Alhoewel alle vordering verandering meebring, bring alle verandering nie vordering mee nie. Soos die leierskapkundige Max Depree opmerk: ‘Ons kan nie word wie ons veronderstel is om te wees, deur te bly waar ons is nie.’ As jy wil groei, moet jy gewillig wees om te verander. Generaal Douglas MacArthur het gesê: ‘Die lewe is ‘n aktiewe proses van wording. As jy nie die afgelope jaar iets by jou belangstellings gevoeg het nie, as jy dieselfde ou gedagtes dink, dieselfde persoonlike ervarings deel, dieselfde voorspelbare reaksies het, het jou persoonlikheid in rigor mortis vasgevang geword.’ Rigor mortis is die fisiese rigiditeit wat na die dood intree. Dit kan in jou verhoudings, loopbaan en geestelik intree. In 1 Timoteus 4 is Paulus besig om sy geestelike seun Timoteus te mentor om leierskap in die kerk oor te neem wanneer Paulus nie meer daar is nie. Paulus het vir Timoteus gesê dat hy nie die mantel van leierskap kan erf bloot omdat Paulus hom liefgehad het nie; hy sal daarvoor moet werk. Dit het beteken dat hy aan homself moet werk! ‘Gee jou volle aandag aan hierdie sake. Werp jouself in jou werksaamhede sodat almal jou vordering kan sien.’ Ons almal kry geleenthede in die lewe, maar slegs diegene wat voorbereid is herken hulle en gryp hulle aan. Dit beteken dat jy bereid moet wees om te groei, aan te pas en te verander.
10 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min