Woord vir Vandag - 9 Junie 2025

Loading player...
“…Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.” 2 Korintiërs 10:5 NLV
Stel gebedslokvalle
Wanneer ons die vers: ‘…Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak’ lees, is ons geneig om te dink dat ons sondige gedagtes gevange moet neem en hulle uit ons gedagtes moet kry. Dit ís wat ons moet doen. Ons moet egter ook kreatiewe gedagtes gevange neem en hulle in ons gedagtes hou. Hierdie vers beteken ook om elke woord, elke gedagte, elke indruk en elke openbaring wat deur God se Gees geïnspireer is, gevange te neem. Een pastoor skryf: ‘Die Aramese woord vir ‘gebed’ beteken ‘om ‘n lokval te stel.’ Ons dink dikwels aan gebed as slegs woorde wat tot God gespreek word, maar miskien is dit meer as dit. Gebed is ook wanneer God met ons deur drome, begeertes, aansporings, indrukke en idees, praat. Gebed is die meganisme waardeur God se idees bedink en vasgelê word. Dit is ons kapasiteit vir gebed wat uiteindelik ons kreatiewe potensiaal sal bepaal. Een manier om gebedslokvalle te stel, is deur ‘n gebedsjoernaal te hou.’ Jou joernaal vang jou reis vas. Dit wys jou hoe ver jy gekom het en hoe ver jy nog moet gaan. Dit herinner jou aan God se genade toe jy gestruikel het en sy getrouheid wat jou na die regte pad teruggebring het. Wanneer jy ‘n gebedslokval stel, vang jy elke ervaring vas en wring die wysheid daaruit om beter en sterker te word. Jy moet ‘…my antwoord, die visioen, in groot duidelike letters…’ (Habakuk 2:2 NLV), neerskryf. Sommige van ons doen dit digitaal, ander weer met pen en papier. Wat egter saak maak, is dat jy opteken wat God in jou kop, in jou hart en in jou lewe doen.
8 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min