Woord vir Vandag - 8 Junie 2025

Loading player...
“Daarom – iemand wat één is met Christus, is ‘n nuwe skepping…” 2 Korintiërs 5:17 NLV
Jou lewe is ‘n brief (3)
Mense is veronderstel om die volgende boodskap te kry wanneer hulle na jou kyk: ‘…Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk…’ (2 Korintiërs 3:18 NLV). ‘Maar ons het afstand gedoen van die geheime dinge wat ‘n mens skaam maak…’ (2 Korintiërs 4:2 NLV). ‘Daarom – iemand wat één is met Christus, is ‘n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!’ (2 Korintiërs 5:17 NLV). Met ander woorde, jou brief moet dit duidelik maak dat jy nie die persoon is wat jy eers was nie, want: 1) God het jou geestelik verander. Vroeër het jy nie God se Woord geniet of sy opdragte gehoorsaam nie. Nou hoor, ontvang en gehoorsaam jy sy Woord en verlustig jouself daarin (sien Psalm 119:97-106). 2) Christus het jou moreel verander. Paulus verskaf in 1 Korintiërs 6 ‘n lys van die baie sondes wat eens op ‘n tyd ons lewens gekenmerk het. Hy noem diegene wat onsedelik is, diewe, hebsugtiges, dronkaards, lasteraars, swendelaars, ensovoorts, op. Dan volg hierdie wonderlike vers: ‘Daar was ‘n tyd toe party van julle presies so was, maar nou is julle sonde afgewas en God het julle aan Homself toegewy. Julle is vrygespreekte mense…’ (vers 11 NLV). 3) Christus het jou denkpatrone verander. ‘…laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe…’ (Romeine 12:2 NLV). Jy kan nou na jouself, ander mense, jou uitdagings, jou opsies en geleenthede in die lig van God se gedagtes kyk. Jy sien nou moontlikhede waar jy voorheen net probleme gesien het. Jou gedagtes, wat eens deur bekommernis oorheers was, word nou met vertroue en vrede gevul. In wese moet jou brief hierdie boodskap aan die mense wat jy ontmoet, oordra: ‘Christus het my lewe ten goede verander en as jy Hom toelaat, sal Hy joune ook verander!’
7 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min