Woord vir Vandag - 7 Junie 2025

Loading player...
“…Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk…” 2 Korintiërs 3:18 NLV
Jou lewe is ‘n brief (2)
‘n Brief moet maklik gelees en verstaan word. Onverstaanbare skryfwerk verdraai die boodskap en ontmoedig die leser. Die doel van ‘n brief is om die skrywer se gedagtes oor te dra. Wanneer dit nie gebeur nie, hou die leser op lees of kry nie die boodskap nie. Aangesien jy ‘…‘n brief van Christus is…’ (vers 3 NLV), is hier ‘n paar algemene foute wat jy moet vermy: 1) Oneerlikheid by die werk. Dit sluit dinge soos om jou uitgawes te versin, maatskappytyd te steel en items huis toe te neem wat jy dink nie gemis sal word nie, in. (2) ‘n Slegte gesindheid. Om byvoorbeeld gegrief te wees wanneer ‘n vriend, medewerker of baas jou op ‘n ongeleë tyd vra om hulle te help en die ekstra myl te loop. (3) Substandaard werk wat in swak produkte en dienste weerspieël word. (4) Onbetroubaarheid en inkonsekwentheid. Kan daar op jou gereken word om te wees waar jy veronderstel is om te wees en om jou verpligtinge na te kom? (5) Deur ‘n suurpruim te wees. Christene wat nie ‘n sin vir humor het nie en optree asof hulle vreugde haat, maak die saak van Christus seer in plaas daarvan om dit te bevorder. (6) Gevoeligheid. Hoe sien mense jou? Dra jy jou gevoelens op jou mou? Raak jy maklik ontsteld? Oorreageer jy op onbedoelde oortredings? (7) Woedebuie. Is jy krapperig, knorrig en kla wanneer dinge nie na jou sin verloop nie? (8) Eiegeregtigheid. Dit kan jou met ‘n vermetele, godsdienstige stemtoon laat praat wat mense afskrik. Onthou: ‘…bekend aan en gelees deur alle mense…’ (vers 2 NLV), maak dus seker dat jou gesindheid en optrede goed op jou geloof en jou Here reflekteer.
6 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min