Woord vir Vandag - 6 Junie 2025

Loading player...
“Julle toon duidelik dat julle ‘n brief van Christus is…” 2 Korintiërs 3:3 NLV
Jou lewe is ‘n brief (1)
Paulus het vir die gelowiges in Korinte geskryf: ‘Julle is tog self ons brief… bekend aan en gelees deur alle mense. Julle toon duidelik dat julle ‘n brief van Christus is, deur ons diens voorberei en geskryf, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God…’ (verse 2-3 NLV). Gewoonlik wanneer ons pos kry, sorteer ons dit in twee hopies: belangrike pos en gemorspos. Hoe bepaal ons wat is wat? Deur hierdie twee vrae te beantwoord: 1) Wie het die brief gestuur? Die bron bepaal die vlak van jou belangstelling. Jy is ‘n brief van Christus aan die wêreld, ‘n brief oor Christus, want: ‘Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here…’ (2 Korintiërs 4:5 NLV). Stel mense regtig belang? Ja, Jesus het beloof: ‘En wanneer Ek van die aarde af aan die kruis verhoog word, sal Ek almal na My toe trek’ (Johannes 12:32 NLV). Niks is vandag so nodig soos ‘n lewende portret van Jesus wat in die lewens van sy verloste mense weerspieël word nie. Lewer dus jou liefdesbrief aan wie ook al jou pad kruis, af. 2) Aan wie is die brief geadresseer? Die Bybel antwoord hierdie vraag: ‘…sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê’ (Johannes 3:16 NLV). Dr David Yonggi Cho het die wêreld se grootste kerk, wat amper ‘n miljoen mense kan huisves, in Seoul, Suid-Korea, gebou. Dit is groter as baie dorpe en stede. As jong Boeddhis is hy na Christus deur ‘n dame wat hy net een keer ontmoet het, gelei. Wat as sy besluit het om stil te bly? Jou lewe is ‘n brief van Christus met die potensiaal om iemand anders se lewe te verander, maak dus seker jy lewer dit af.
5 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min