Woord vir Vandag - 5 Junie 2025

Loading player...
“As die Here die huis nie bou nie, is die bouers se arbeid tevergeefs…” Psalm 127:1 NLV
Moenie voor God uit beweeg nie
Een Bybelonderwyser skryf: ‘Satan gee nie om wanneer ons bou nie, solank as wat hy die hoofkontrakteur is. Hy sal seker maak dat ons God se naam aan ons drome heg en wanneer dit misluk, lyk dis asof Hy misluk het. Romeine 8:14 sê: ‘Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders’ (NLV). Dis belangrik om God se plan te ken, sowel as die wanneer, waar en deur wie Hy dit wil bereik. Dis maklik om in die bediening besig te raak en voor Hom uit te beweeg. Die sleutel is om in konstante kommunikasie te bly en Hom toe te laat om jou stap vir stap te lei, sodat alles in plek vir ‘n suksesvolle uitkoms is. Soos in die weermag, mag die troepe dalk oor die sending ingelig word, maar hulle moet vir hul bevelvoerder wag om hulle te beveel hoe en waar hulle hul opdrag moet uitvoer. ‘n Soldaat woon nie een inligtingsessie by en hardloop dan weg en voer die plan alleen uit nie. Hy bly in kontak met sy bevelvoerder, wat die sending koördineer en hom en sy medesoldate na oorwinning lei. Dit is noodsaaklik om in kontak met die hoofkwartier te bly sodat jy die meesterplan ken, op koers bly en oorwinning behaal.’ As jy geneig is om dinge alleen aan te pak, maak die volgende jou gebed: ‘God, dit is dwaas om voor U te probeer uitbeweeg, maar dit gebeur so maklik. Wys my hoe ek meer tyd saam met U kan bestee en meer sensitief vir U stem kan word. Ek wil nie verniet bou nie. Ek wil hê dat my bediening ‘n verlengstuk van U moet wees, sodat U die eer kry.’
4 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min