Woord vir Vandag - 4 Junie 2025

Loading player...
“Net so min gooi ‘n mens nuwe wyn in ou leersakke…” Markus 2:22 NLV
Uit met die oue en in met die nuwe!
As nuwe skepping, word jy nie meer deur jou ou gedrag nie, maar deur jou verhouding met Christus beheer. Jon Walker skryf: ‘’n Paar kilometer van my huis af is daar ‘n winkel wat ‘n opknapping ondergaan het. Die werknemers het egter moontlik nie die memo ontvang nie. Die werker agter die toonbank het ‘n nuwe uniform gedra, maar hy het ook dieselfde nors voorkoms gehad wat ek voorheen gesien het. Dit het my laat dink oor hoe ons probeer om nuwe wyn in ou leersakke te gooi. Jesus sê ons sal beslis misluk, want ‘…doen jy dit tog, gaan die wyn die sakke laat skeur en die wyn sowel as die sakke sal daarmee heen wees…’ (vers 22 NLV). Doen ons egter nie dieselfde as dit by ons Christelike wandel kom nie? Die nuwe wyn van onvoorwaardelike liefde, geskink in die ou leersak van haat vir die gesin wat twee deure van ons af bly. Die nuwe wyn van aanbidding, gegiet in die ou leersak van verafgoding van geld, mag, musiek of die nuutste videospeletjie. Die nuwe wyn van Bybelstudie, gegooi in die ou leersak van besig wees met onbenullighede. Die nuwe wyn van nederigheid, geskink in die ou leersak van verwaandheid. Die nuwe wyn van vergifnis, geskink in die ou leersak van bitterheid. Die nuwe wyn van ander eerste plaas, gegiet in die ou leersak van selfsugtige ambisie. Die nuwe wyn van vreugde, geskink in die ou leersak van jaloesie. Die nuwe wyn van vrede, geskink in die ou leersak van onenigheid.’ As enigiets hiervan bekend klink, is dit tyd om die ou leersak weg te gooi en God toe te laat om jou ‘n kragtige, nuwe, skoon skepping te maak.
3 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min