Woord vir Vandag - 3 Junie 2025

Loading player...
“Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang…” Handelinge 1:8 NLV
Gebruik vandag jou Godgegewe krag
Jy vra: ‘As Christus in my woon, hoekom dink en tree ek steeds op hierdie manier op?’ ‘n Christelike leier verduidelik: ‘Die antwoord word in ‘n storie oor ‘n dame wat ‘n klein huisie aan die begin van die eeu gehad het, geïllustreer. Sy was redelik ryk, maar ook redelik spaarsamig. Mense was verbaas toe sy besluit het om onder die eerstes te wees wat elektrisiteit by haar huis te laat aanlê. Etlike weke na die installasie het ‘n meterleser by haar deur verskyn. Hy het haar gevra of haar elektrisiteit goed werk en sy het hom verseker dat dit doen. ‘Ek wonder of jy iets vir my kan verduidelik,’ het hy gesê. ‘Jou meter wys skaars enige gebruik. Gebruik jy enigsins die elektrisiteit?’ ‘Natuurlik,’ antwoord sy. ‘Elke aand as die son sak, sit ek my ligte net lank genoeg aan om my kerse aan te steek; dan skakel ek dit weer af.’ Sy het die krag aangeskakel, maar dit nie gebruik nie. Haar huis was aan elektrisiteit gekoppel, maar nie verander nie. Maak ons nie dieselfde fout nie? Ons vertrou op Christus vir verlossing, maar weerstaan transformasie. Ons speel soms met die skakelaar, maar die meeste van die tyd is ons met skaduwees tevrede. Wat sou gebeur as ons die lig aanlos? Watter veranderinge sou plaasvind wanneer ons besluit om in Christus se glans te woon? God het ambisieuse planne vir ons; daar is geen twyfel daaroor nie. Dieselfde Een wat jou siel gered het, verlang daarna om jou hart te omskep. Sy plan is niks minder as ‘n totale transformasie nie. ‘… God het elkeen wat Hy vir Hom uitgesoek het se lewe nuutgemaak. Nou kan hulle die beeld van sy Seun weerkaats…’ (Romeine 8:29 DB). Gebruik vandag jou Godgegewe krag.
2 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min