Woord vir Vandag - 2 Junie 2025

Loading player...
“…Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na gedagtes en bedoelings.” 1 Samuel 16:7 NLV
Wees opreg
Jesus was veroordelend oor die Fariseërs: ‘So lyk julle ook van buite vir die mense baie vroom, maar van binne is julle vol skynheiligheid en minagting van die wet’ (Matteus 23:28 NLV). Hulle het ‘n goeie front voorgehou, maar was heeltemal van genade, barmhartigheid en medelye ontbloot. Jesus het hulle daaroor aangespreek! Omdat ons in ‘n samelewing wat op voorkoms gefokus is leef, waarsku Jesus ons oor die gevare wat voortspruit wanneer ons op die uiterlike lewe, ten koste van die ontwikkeling van die innerlike lewe, fokus. Hoe kan ons keer dat dit gebeur? 1) Volg Jesus se voorbeeld. Hy het sy lewe gewy om diegene wat verlore, vergete en eensaam was, te bedien. 2) Hou in gedagte dat selfs wanneer jy ‘n Christen is, jy in sekere areas sal sukkel, moet dus nie voorgee dat jy alles onder beheer het nie. 3) Vra God om gedragspatrone wat om voorkoms, eerder as die hart wentel, te verander. 4) Omring jouself met mense wat jou aanmoedig om opreg te wees en jou korrigeer wanneer jy dit nodig het. Marybeth Whalen skryf: ‘Die verwers het die muur by die trap wat na onder lei, wit geverf. Ons gewoontes het egter nie verander nie. Die kinders het steeds hul vuil hande oor die muur gesleep en die skoon wit muur, vuil en grys gemaak. As ek nie versigtig is nie, kan ek soos daardie muur dinge onder ‘n laag verf probeer wegsteek. Ek kan my Bybel onder die arm dra, glimlag asof alles wonderlik is en oor my wandel met die Here spog. Sodra die lewe egter deurmekaar raak, wag die lelike gewoontes binne-in my om uit te kom. Ek kan dan soos ‘n hedendaagse Fariseër begin fokus op die wit muur en die vuiligheid daaronder ignoreer.’ Wees dus opreg.
1 Jun 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min