Woord vir Vandag - 31 Mei 2025

Loading player...
“…hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra!” Matteus 7:11 NLV
‘Baie meer’ of ‘baie minder’ (2)
Probeer jou die oorvloedigheid wat God vir jou voorberei het, indink (sien 1 Korintiërs 2:9). Besluit dan dat die taal van jou hart die ‘baie meer’ van geloof gaan wees en nie die ‘baie minder’ van ongeloof nie. Let die volgende op: 1) Jou verlossing oortref jou sonde. Maak nie saak hoe sondig jou verlede is nie, ‘…die genade van God, ja, sy genadegeskenk wat Hy deur Jesus Christus aan baie mense gee, oortref alles!’ (Romeine 5:15 NLV). Wees bly! Jy is ‘baie meer’ vergewe. 2) Christus wat in jou lewe, red jou voortdurend. As Hy in jou bly, werk sy verlossing aktief in jou. ‘Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie!’ (Romeine 5:10 NLV). 3) Die Heilige Gees sal oorvloedig in jou wees. ‘As julle sondige mense dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee vir hulle wat Hom vra’ (Lukas 11:13 NLV). 4) Jy kan in oorwinning deur Jesus lewe. ‘…almal wat God se oorvloedige genadegeskenk van vryspraak ontvang, sal koninklik oor die sonde en die dood triomfeer’ (Romeine 5:17 NLV). Jy kan deur God se genade ‘baie meer’ in oorwinning wandel. 5) Alles wat jy nodig het, sal Hy voorsien. ‘As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra!’ (Matteus 7:11 NLV). As jy ‘n ‘baie meer’ mentaliteit ontwikkel, sal jy begin om die ‘goeie dinge’ wat God voorsien, te geniet.
30 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min