Woord vir Vandag - 30 Mei 2025

Loading player...
“…Maar hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het God se genade geword.” Romeine 5:20 NLV
‘Baie meer’ of ‘baie minder’ (1)
Die volgende uitdrukking word dwarsdeur die Skrif gebruik om God se voorsiening aan ons te beskryf: ‘baie meer.’ Dit verseker ons dat daar geen behoefte is wat nie deur sy oorvloedige hulpbronne vervul kan word nie. Ons neiging is egter om ons behoeftes met ‘n houding van ‘baie minder’ te benader. Dit neem aan dat God nie aan hulle kan voldoen nie of onwillig is om aan hulle te voldoen. Nee, God wil hê dat ons ‘n ‘baie meer’ houding moet inneem. Baie minder is die taal van sigbare dinge; dit laat toe dat omstandighede en gebrek ons lewens beheers. Baie meer is die taal van onsigbare dinge; dit nooi ons uit om in die versekering van God se oorvloedigheid te lewe. ‘n Treffende illustrasie van hierdie beginsel kan in 2 Kronieke 32 gevind word. Koning Sanherib van Assirië se leër het gedreig om Israel uit te wis. Nadat hy hulle vertel het wat hy aan die mense van ander lande gedoen het, het hy bygevoeg: ‘…Hoeveel minder is die kans dat julle God julle uit my mag sal red!’ (vers 15 NLV). Koning Hiskia het egter sy geloof op God se hulpbronne gevestig en die Israeliete as volg bemoedig: ‘…Moenie bang wees vir die koning van Assirië of sy magtige leër nie, want daar is ‘n baie groter mag aan ons kant! Hy het dalk ‘n groot leër, maar hulle is maar net mense. Die Here ons God is by ons en Hy sal vir ons veg!..’ (verse 7-8 NLV). Dis tyd dat jy ‘n ‘baie meer’ mentaliteit in jou lewe ontwikkel want God kan ‘…oneindig meer doen as wat ons vra of dink om te vra’ (Efesiërs 3:20 NLV).
29 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min