Woord vir Vandag - 29 Mei 2025

Loading player...
“Hulle wat met trane die saadsak dra, sal sing van vreugde wanneer hulle die gerwe dra.” Psalm 126:6 NLV
‘n Bediening van trane
As jy maklik huil, kan dit wees dat God vir jou ‘n bediening van trane gegee het. Wat is dit? Die skrywer Liz Curtis Higgs verduidelik: ‘Ek huil maklik en dikwels. Gelukkige trane, hartseer trane, trane oor ‘n advertensie – enige plek en enige tyd. Ek huil by die kerk. Wanneer ek ‘n wonderlike waarheid of ‘n heerlike lied wat in lofprysing opgehef word hoor, wanneer ek ‘n nuwe gelowige na vore sien kom of ‘n ou gelowige die Skrif sien lees, word ek so deur God se teenwoordigheid oorweldig dat trane oor my wange stroom. Ek het al daarmee vrede gemaak, maar baie vroue skaam hulle oor hul huilerigheid. ‘n Dierbare vrou in Missouri het gedink dat haar trane ‘n struikelblok is om God te dien. Sy het verduidelik: ’Ek wil mense wat seer het help, maar sodra ek hulle stories hoor, begin ek huil.’ Ek het haar 'n groot drukkie gegee en gesê: ‘Jy het 'n bediening van trane! Die Bybel sê: ‘…As hulle hartseer is, deel dit met hulle’ (Romeine 12:15 NLV), en ‘…om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het’ (2 Korintiërs 1:4 NLV). Jou trane maak nie seer nie, dit help!’ God kan enigiets wat ons aan Hom oorgee, gebruik. Lag en trane. Vreugde en hartseer. Oorwinnings en foute. Sterkpunte en swakpunte. Ons dien ander die beste wanneer ons ons ware self aanbied. Wanneer ons nie wag totdat ons op die regte plek is of ons trane opgedroog het nie, maar in die oomblik, trane en al.’ Eendag gaan God ‘…elke traan van [ons] oë afvee…’ (Openbaring 21:4 NLV). Tot dan, is ons trane egter so kosbaar vir Hom dat Hy dit, soos duur wyn en kosbare parfum, in ‘n bottel bewaar (sien Psalm 56:9).
28 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min