Woord vir Vandag - 28 Mei 2025

Loading player...
“Ek jaag wenpaal toe…” Filippense 3:14 NLV
Jy is amper daar!
Sielkundiges sê dat die grootste invloed op ons toekoms dikwels ons verlede is. Paulus sê egter vir ons om die verlede te vergeet en te fokus op: ‘...dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys…’ (verse 13-14 NLV). Een berader skryf: ‘Ek weet jy is moeg, oorweldig en voel of hierdie moeilike tyd vir ewig gaan duur. Dit sal nie. Jy is amper daar. Jy is getoets en weer getoets oor wat jy geleer het. Jou geloof is deur vuur gelouter. Meer probleme het voorgekom as wat jy verwag het. Jy het dit nie beplan nie, maar dit was goed vir jou. ‘n Deel van jou het dit aangevoel selfs toe jou kop vir jou gesê het dat dinge uitmekaar val, dat jy nie ‘n plan daarvoor het nie, dat God jou vergeet het. Elke voorval - die pynlikste, kommerwekkendste, verrassendste – hou verband met mekaar.’ ‘En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe’ (Romeine 8:28 NLV). Die berader gaan voort: ‘Dinge was bedoel om op hierdie manier te gebeur. Jy het nie geglo dit sou so lank neem nie, maar dit het. Jy het geduld aangeleer. Nou val dinge in plek. Jy is amper aan die einde van hierdie moeilike deel van die reis. Jy het al ‘n berg geklim. Nou is jy naby die bopunt van die berg. Net nog ‘n oomblik en die oorwinning sal joune wees. Ruk jou skouers reg. Haal diep asem. Beweeg in vertroue vorentoe. Die tyd kom om alles waarvoor jy geveg het, te geniet. Jou stryd was nie verniet nie. Daar sal nog berge wees, maar nou weet jy hoe om hulle te klim.’
27 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min