Woord vir Vandag - 27 Mei 2025

Loading player...
“Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir sy lewe.” Spreuke 16:24 NLV
Sê vir hulle terwyl jy nog kan
Lees die volgende: ‘Ek onthou toe ek jou nuwe kar bestuur en dit afgeskryf het. Ek het gedink jy sou woedend wees en my nooit vergewe nie, maar jy het nie. Ek onthou toe ek strand toe wou gaan en jy nie wou nie, want jy het gesê dit gaan reën. Ons het gegaan, en dit het gereën. Ek was seker jy sou dit invryf en sê: ‘Ek het jou mos so gesê!’ Maar jy het nie. Dan was daar die tyd toe ek bloubessiesap op jou nuwe wit tuxedo gemors het. Ek het geweet jy sou ontsteld wees en my blameer. Maar jy het nie. Onthou jy daardie formele aand? Ek het my misgis en vir jou gesê dit is informeel. Jy het blou jeans gedra en soos ‘n vis uit die water gevoel. Ek was seker jy sou in woede uitstorm en my daar agterlaat. Maar jy het nie. Ek wou jou vertel hoe lief ek vir jou is en hoe baie ek jou vir al daardie dinge waardeer wanneer jy van Afghanistan terugkeer. Maar jy het nie.’ Moenie in die toekoms oor onuitgesproke woorde wat iemand moes hoor, spyt wees nie. ‘Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir sy lewe.’ Min dinge is so effektief soos die regte woord op die regte tyd. Aan die ander kant is woorde van vriendelikheid wat weerhou word, ‘n swaar las om mee saam te leef. Dis hoekom die Bybel sê: ‘Bekommernis rem ‘n mens af; bemoedigende woorde maak hom bly’ (Spreuke 12:25 NLV). Moenie toelaat dat skaamheid of ‘n vrees vir verwerping jou daarvan weerhou om te sê wat gesê moet word nie. Sê dit vir hulle terwyl jy nog kan.
26 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min