Woord vir Vandag - 26 Mei 2025

Loading player...
“…Dit is juis daardie Skrifte wat oor My getuig.” Johannes 5:39 NLV
Om deur God gebruik te word
Om deur God gebruik te kan word, moet jy twee dinge weet: 1) Wie God is. ‘n Sondagskoolonderwyser het vir ‘n klein dogtertjie gevra wat sy teken. Sy het geantwoord: ‘’n Prentjie van God!’ Die onderwyser het gesê: ‘Maar niemand het Hom al ooit gesien nie.’ Vol selfvertroue het sy geantwoord: ‘Hulle sal wanneer my prentjie klaar is!’ Die enigste God wat sommige mense ooit sal sien, is die God wat hulle elke dag in jou sien. Om God te ken, moet jy tyd saam met Hom deurbring. 2) Wie jy is. Toe God vir Moses geroep het om Israel uit Egipte te red, het hy twee dinge vir God gevra: a) ‘…’As ek by die volk van Israel kom en vir hulle sê: ‘Die God van julle voorouers het my na julle toe gestuur,’ sal hulle my nie glo nie. Hulle sal vra: ‘En wie is Hy?’ Wat moet ek dan vir hulle sê?’ God het hom geantwoord: ‘…Sê maar net vir hulle: ‘Ek Is het my na julle toe gestuur’’ (Eksodus 3:13-14 NLV). Om te weet wie jy is, moet jy eers weet wie God is – dan sal jy geloofwaardigheid hê. b) ‘…’Hulle sal my nooit glo nie! Hulle sal nie doen wat ek vir hulle sê nie…’ Toe vra die Here vir hom: ‘Wat het jy daar in jou hand?’ ‘’n Herderstok,’ antwoord Moses. ‘Gooi dit op die grond neer,’ het die Here vir hom gesê. Hy gooi dit toe op die grond en dit het ‘n slang geword… ‘Hulle sal hierdie teken glo,’ het die Here vir hom gesê. ‘Dit sal hulle oortuig dat jy die Here… ontmoet het’’ (Eksodus 4:1-3, 5 NLV). Moses het reeds alles gehad wat hy nodig sou hê! Jy het ook. Om deur God gebruik te kan word, moet jy weet wie Hy is en wie jy is.
25 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min