Woord vir Vandag - 24 Mei 2025

Loading player...
“val die 24 ouderlinge in aanbidding voor Hom… neer… en sit hulle krone voor die troon neer…” Openbaring 4:10 NLV
Gee God al die heerlikheid
Wanneer ons mense wat ons belangrik ag probeer beïndruk, word ons trofeëversamelaars. Ons dink: ‘Ek is belangriker omdat ek hierdie bekende mens ken.’ Allerhande objekte kan trofeë word: ons universiteitsgrade, die huis waarin ons bly, ons voorkoms, ons klere, komplimente en bevorderings. Daar is selfs webtuistes waar jy vir jouself ‘n trofeëvrou kan gaan uitsoek – ‘n vrou wie se skoonheid ‘n huldeblyk aan haar man se rykdom en invloed is. ‘n Trofeë is enigiets wat jy besit wat ander mense laat ‘Wow!’ sê. Om egter vir trofeë te leef laat jou leeg, ongelukkig en moeg voel. Trofeë bring ‘n oomblik van geluk mee wat verslawend kan wees, maar die gevoel van geluk verdwyn altyd. Dit is opmerklik dat in die hemel, wanneer beelde soos krone gebruik word, mense dit voor die Here se voete sit in plaas daarvan om dit te dra. Wanneer jy die triomf, bewondering en eer weggee, bring dit vir jou vreugde. Wanneer jy dit egter versamel, word hulle dof, vervaag en word ‘n las. Dis hoekom die Bybel sê: ‘val die 24 ouderlinge in aanbidding voor Hom wat vir altyd op die troon sit, neer. Hulle aanbid Hom wat vir altyd lewe en sit hulle krone voor die troon neer en sê: ‘U is waardig, Here ons God, om die hemelse heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alle dinge geskape het; deur u wil is alles wat bestaan, geskape’’ (verse 10-11 NLV). Enigiets goeds wat jy het, enigiets goed wat jy is en enigiets goed wat jy in die toekoms sal ontvang, kom alles van God af. Maak dus seker om vir God al die heerlikheid te gee.
23 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min