Woord vir Vandag - 23 Mei 2025

Loading player...
“…Wat ook al in jou hart leef, bepaal wat jy sê.” Lukas 6:45 NLV
Stem altyd met God se Woord ooreen
Dink jy aan jouself as iemand wat geloof in God het? Reflekteer jou gedagtes en woorde dit? Ons kan onsself mislei deur te dink dat ons groot geloof het, maar wanneer uitdagings ons maklik verslaan, is ons geloof dalk nie so groot soos wat ons dink nie. Jesus het gesê: ‘…Wat ook al in jou hart leef, bepaal wat jy sê.’ Jy kan baie van jouself leer deur te luister na dit wat jy sê. Wys jou gedagtes en woorde jou afhanklikheid van God; dat sy vermoë, nie joune nie, jou in staat stel om te doen wat nodig is? Om jou woorde reg te kry, moet jy jou hart regkry. Om dit te doen, moet jy jou gedagtes in lyn met God se Woord bring. Dit beteken dat jy gewillig moet wees om enigiets wat Hy jou wil wys in die gesig te staar en Hom te vra om jou te verander. As jy op jou eie krag vertrou, begin eerder om op God te vertrou. As jy probeer om dinge deur jou eie vermoë aan te pak en geïrriteerd raak, vra God dat Hy deur jou moet werk en sy bekwaamheid moet toelaat om joune te wees. Paulus skryf: ‘Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God’ (2 Korintiërs 3:5 NLV). Jou woorde dra krag, moet dus nie laat hulle jou belemmer nie. Staan eerder op die volgende Skrifgedeelte: ‘En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk’ (2 Korintiërs 9:8 NLV). Wanneer jy praat, stem altyd met God se Woord ooreen.
22 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min