Woord vir Vandag - 22 Mei 2025

Loading player...
“Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.” Filippense 2:4 NLV
Jy kan leer om lief te hê
Jy kan leer om lief te hê deur liefdevolle gedagtes te dink. Jy doen dit deur op iemand anders se behoeftes, pyne, moelikhede, doelwitte en begeertes, eerder as jou eie, te fokus. Daar is ‘n ou gesegde wat lui: ‘Dis makliker om iemand te verstaan wanneer jy ‘n myl in sy skoene geloop het.’ Mense wat seer het, is geneig om ander mense seer te maak. Hoe kan jy hulle liefhê? Deur verby hulle foute te kyk en hulle behoeftes raak te sien. Die mense vir wie dit die moeilikste is om lief te wees, is dikwels die mense wat liefde die meeste nodig het. Die mense wat sal verkies dat jy hulle ignoreer, is die einste mense wat groot dosisse liefde nodig het. As ‘n persoon nie liefde kan kry nie, sal hulle aandag soek. As hulle nie positiewe aandag kan kry nie, sal hulle werk daarvan maak om negatiewe aandag aan te trek. Hulle sê in werklikheid: ‘Ek sal op een of ander manier raakgesien word.’ Maak liefde die meester van jou wil, nie die slaaf van jou emosies nie. Ons kan nie ons gevoelens verander nie, maar ons kan ons gedagtes verander. Wanneer ons die manier waarop ons aan iemand dink verander, sal ons stadig maar seker ons gevoelens oor hulle verander. Wanneer jy eerder oor ‘n persoon se behoeftes as hul foute begin dink, sal dit die manier wat jy oor hulle voel, verander. Jy vra: ‘Sal dit nie skynheilig wees indien ek liefdevol teenoor iemand optree van wie ek nie eens hou nie?’ Nee, dit word liefde deur geloof genoem. Wanneer jy deur geloof liefhet, spoor jou optrede jou aan om die regte manier teenoor daardie persoon te voel. Probeer dit en vind vir jouself uit of dit werk!
21 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min