Woord vir Vandag - 21 Mei 2025

Loading player...
“Ek het U op aarde verheerlik…” Johannes 17:4 NLV
Leer om nee te sê
Om ja vir die wil van God te sê, moet jy leer om nee vir ander dinge te sê. Sommige mense gaan nie daarvan hou nie, veral as hulle gewoond is om hulle sin te kry. Mense sal eise op grond van hul behoeftes aan jou stel en onbewus wees of nie omgee oor jou behoeftes nie. Jy het dus ‘n keuse: Word deur God, of word deur ander mense, gelei. Niemand was besiger of het ‘n groter opdrag as Jesus gehad nie. Tog lees ons: ‘en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: ‘Almal vra na U.’ Jesus het egter geantwoord: ‘Ons moet ook nog verder gaan na die omliggende dorpe sodat Ek ook daar kan preek. Dit is immers waarvoor Ek gekom het’ (Markus 1:37-38 NLV). Het Jesus nee gesê om aan onvervulde behoeftes te voldoen? Ja, Hy het geweet wat sy prioriteite was en Hy het daarop gefokus gebly. Op hierdie manier was Hy in staat om aan die einde van sy lewe aan sy hemelse Vader te sê: ‘Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U My gegee het om te doen’ (Johannes 17:4 NLV). As jy dit moeilik vind om nee te sê, stop en verbeel jouself wat gaan gebeur wanneer jy nee sê. Die enigste manier om jou vrees of onsekerheid in hierdie area te oorkom, is om klein risiko’s te begin neem totdat jy uiteindelik gemaklik is om ‘n ferm nee te gee. Wanneer ‘n persoon deur roekelose besteding skuld aangaan, doen jy hulle nie ‘n guns deur hulle uit die put van skuld te red nie. Hulle leer dan nie hulle les nie en sal dit weer doen! Deur ja te sê vir iemand wat weier om ‘n nuwe vaardigheidstel waartoe hulle in staat is, aan te leer, bevorder jy ‘aangeleerde hulpeloosheid.’ Leer dus om nee te sê.
20 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min