Woord vir Vandag - 20 Mei 2025

Loading player...
“…Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ‘n kragtige werking.” Jakobus 5:16 NLV
Gebed en jou “RAS”
Om te verstaan hoe kragtig en effektief gebed is, moet ons vanuit ‘n neurologiese perspektief daarna kyk. By die basis van ons brein lê ‘n groep senuwees wat die retikulêre aktiveerstelsel (RAS) genoem word, wat ons omgewing monitor. Ons word voortdurend met ontelbare stimuli wat meeding om ons aandag, gebombardeer en dit is die RAS se taak om te bepaal wat raakgesien word en wat ongemerk bly. Jy laai byvoorbeeld ‘n nuwe luitoon vir jou selfoon af. Jy is seker dat jy dit nog nooit vantevore gehoor het nie. Nadat jy dit egter afgelaai het, lyk dit asof almal dieselfde luitoon het. Dis nie omdat baie mense die luitoon na jou gaan aflaai het nie. Dit is die eenvoudige feit dat toe jy daardie luitoon afgelaai het, dit ‘n kategorie in jou RAS geskep het. Daardie luitoon het onopgemerk by jou verbygegaan voordat jy dit afgelaai het, want dit was nie vir jou belangrik nie. Sodra jy die luitoon afgelaai het, het die RAS dit as relevant erken. Gebed werk op dieselfde manier. Wanneer jy vir iets of iemand bid, skep dit ‘n kategorie in jou retikulêre aktiveerstelsel. Nou merk jy alles wat relevant aan daardie gebed is, op. ‘n Pastoor skryf: ‘Het jy al ooit opgelet dat toevallighede gebeur wanneer jy bid? Dit is meer as net toeval, dit is voorsienigheid. Gebed skep goddelike geleenthede. Gebed heilig egter ook die retikulêre aktiveerstelsel en stel ons in staat om die geleenthede wat God beskik het en wat heeltyd oral om ons is, raak te sien. Sodra ons hierdie geleenthede sien, moet ons ons geloof aktiveer en hulle aangryp.’ Gebed is die portaal na God se koninkryk en waardeur sy seëninge na ons toe vloei. Bid dus elke dag.
19 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min