Woord vir Vandag - 19 Mei 2025

Loading player...
“…julle [moet]… voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer… moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie…” Romeine 12:10-11 NLV
Lees die volgende as jy ‘n leier is!
‘n Leierskapskundige sê: ‘Die meeste leiers fokus op twee dinge: die visie en die bankrekening. Die visie maak ons gewoonlik die meeste opgewonde, maar die bankrekening hou ons in besigheid. Tussen die visie en die bankrekening is egter al die mense in jou organisasie. As jy die mense ignoreer en net aan hierdie ander twee dinge aandag gee, sal jy die mense en die visie (en waarskynlik die bankrekening), verloor. As jy egter op die mense fokus, het jy die potensiaal om die mense, die visie en die bankrekening te wen.’ Interessant genoeg sit die Bybel hierdie twee dinge bymekaar: ‘…julle [moet]… voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer… moenie sleepvoet wees in julle toewyding [harde werk] nie…’ Toe die sakekonsultant Jim Collins groot maatskappye bestudeer het, het hy ‘vlak vyf leiers’ geïdentifiseer. Hy sê dat hierdie leiers weier om krediet vir hul organisasie se prestasies te neem. In plaas daarvan gee hulle nederig die krediet aan hul werknemers. Talle leiers sê dat hulle hul werknemers en kliënte waardeer. Dit is ‘n gewilde sêding. As jy egter wil uitvind of dit ‘n waarde is wat werklik in jou organisasie te voorskyn kom, gesels met mense wat jou organisasie goed ken, maar nie by jou in diens is nie. Wat sê hulle? Hul antwoord sal jou die akkuraatste prentjie wys. Aangesien jy jou eie hart beter as enigiemand anders ken, begin dit alles by jou. Vra jouself af: ‘Heg ek ‘n hoë waarde aan mense?’ As jy dit doen, sal hoe jy hulle behandel, dit wys. As jy hulle reg behandel, sal God jou pogings seën. Die Bybel sê: ‘Dit is die Here se seën wat rykdom bring…’ (Spreuke 10:22 NLV).
18 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min